Kleur: Amanda Cronje

 

Ek soek U gesig in die

 eerste vlam-pienk verfhale van die dag

 

Ek asem U ys-blou in wanneer ek langs

die see loop

 

Ek voel U genade wanneer

korrelseesand my voete troetel

 

Ek ken U tyd wanneer ek op

Graniet rotsvas sit

 

Ek vier ‘n danksegging-fees wanneer

Rooi en goud die einde van die dag aankondig

 

Ek snak na lug

wanneer ek na polsende silwer sterre staar

 

Wanneer persfluweelnagte die maan uitnooi vir ‘n dans

erken ek U.

 

 

 

Vir Walko

pic-2

One Response to “Kleur: Amanda Cronje”

  1. wazir niezer says:

    ‘N baie pragtige gedig.Sal graag meer van dit wil lees.

Leave a Reply